SOUT en LIG - Mat 5v13-16


Go to content

Welkom by SOUT en LIG se webwerf. Ons is 'n Christelike "band" van die Wesrand, Suid Afrika. Hoekom SOUT en LIG? Want die woord van God sê ons is die SOUT van die Aarde en die LIG vir die Wêreld (Matt 5v13-16). Sout maak mens dors, dit is ons hartsbegeerte om mense weer ‘n dors na God se lewende water te gee. As jy eers van die lewende water geproe het, waarlik in die teenwoordigheid van God gestaan het en ‘n lewensveranderde ervaring met God gehad het, dan kan jy nooit weer dieselfde wees nie. Ons almal is met ‘n leemte geskep, en baie mense probeer daardie leemte met soveel dinge vul, maar net God alleen kan daardie leemte in ‘n mens se lewe vul.

Ons passie is om die Goeie Nuus te bring aan ‘n stukkende wêreld van God se Liefde en God se Genade, en dit is die inspirasie vir die liedjies wat ons skryf.

Nooi ons gerus uit om u jeug/kerk/dorp te bedien. Die koste is absoluut GRATIS, maar die effek is lewensveranderend! Boek aanlyn of epos soutband@gmail.com - Let wel ons vra net 'n donasie vir petrol as ons buite Gauteng speel.

Mat 5v13-16
- "Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik."

Besoek ons ReverbNation site
Join ons Facebook groep
Besoek ons YouTube Channel
Volg ons op Twitter
Besoek ons iLike page
Besoek ons Myspace page
visitor count
Designed by A.Hoffmann Freelance Graphic Design
Bookmark and Share

Back to content | Back to main menu